Die Amerikaanse aktrise, wat bes bekend is vir haar rol in die televisiereeks Lizzie McGuire, en die musikant Matthew Koma is op 21 Desember in ’n intieme seremonie getroud.

Hulle het onlangs as deel van hul wittebrood tyd in die Nasionale Krugerwildtuin in Suid-Afrika deurgebring.

“Wittebrood saam met my geliefde. Ons het reeds die Groot Vyf gesien en soveel middagslapies gevat. Dit raak nie beter as dit nie,” het Hilary (32) op Instagram geskryf terwyl sy en Matthew (32) oor ’n watergat in die wildreservaat uitgekyk het.


View this post on Instagram

Moonin’ n swoonin’

A post shared by Hilary Duff (@hilaryduff) on

Matthew was ewe beïndruk. “Die plek is onwerklik,” het hy oor hul tyd in die Krugerwildtuin laat hoor en foto’s gedeel van wild wat hulle op hul uitstappies gewaar het.

View this post on Instagram

This place is unreal...

A post shared by Matthew Koma (@matthewkoma) on

Hilary het vertel dat sy ’n vreemde soort skuldgevoel ervaar het toe sy al die gesonde diere in die park sien terwyl verwoestende brande Australië teister. Sy het Suid-Afrika se landskap as soortgelyk aan Australië s'n beskryf.

Die pasgetroudes se luilekker tyd is steeds nie verby nie. Hilary het op haar Instagram Stories gedeel hoe sy met ’n boek langs ’n swembad uitspan terwyl sy oor die blou oseaan uitkyk.

Hilary Duff span uit op haar wittebrood.
Hilary Duff span uit op haar wittebrood.

Matthew het weer op sy stories gedeel dat hulle onderweg na Kaapstad is. 

View this post on Instagram

Still in space ♥?

A post shared by Hilary Duff (@hilaryduff) on

Hilary en Matthew het 2019 op ’n hoë noot afgesluit toe hulle kort voor Kersfees voor 'n paar van hul naaste vriende en familie by haar huis in Los Angeles ewige trou aan mekaar beloof. Die egpaar het ’n ’n eenjarige dogtertjie, Banks Violet Bair.

Hilary het ook ’n sewejarige seun, Luca, uit haar vorige huwelik met die voormalige yshokkiespeler Mike Comrie.

View this post on Instagram

Truly sad this day went by so quickly.

A post shared by Hilary Duff (@hilaryduff) on