Die Amerikaanse aktrise Milla Jovovich is tans in Suid-Afrika om tonele vir haar nuwe fliek, Monster Hunter, te verfilm. Haar man, Paul W.S. Anderson, behartig die regie van dié spanningsrolprent.

Milla, wat te sien was in onder meer Zoolander en Resident Evil, het foto’s op Instagram gedeel van waar hulle tonele by die Atlantis-duine buite Kaapstad, die Cederberge en die Tankwa-Karoo verfilm.

Milla en haar dogter Ever tussen die pikkewyne. Foto: Instagram.
Milla, haar man, Paul, en hul kinders, Ever en Dashiel, geniet ’n inkopietog saam met ’n vriendin, Aidai Aichik. Foto: Instagram.
Milla saam met die Amerikaanse akteurs Meagan Good en Diego Boneta in ’n toneel uit die fliek Monster Hunter. Foto: Instagram.

In dié rolprent vertolk sy die rol van kapt. Natalie Artemis, ’n monsterjagter.

Tussen die tonele deur geniet die egpaar ook Suid-Afrika se natuurskoon saam met hul twee dogters, Ever (11) en Dashiel (3). Die gesin het al tussen die Afrika-pikkewyne op Bouldersstrand by Kaappunt en in die Sanbona-natuurreservaat in Montagu uitgespan.

Dit was ook ’n bedrywige paar maande van verfilming toe die Amerikaanse akteur Vin Diesel tonele vir die superheldfliek Bloodshot in en om Kaapstad geskiet het.

Ons het dié spiertier en sy medester Talulah Riley gekiek terwyl hulle besig was om op die prentjiemooi vissersdorpie Kalkbaai buite Kaapstad te verfilm.

Foto: Starpics/Tania Coetzee.
Foto: Starpics/Tania Coetzee.
Foto: Starpics/Tania Coetzee.

In die rolprent, wat op ’n strokiesprent geskoei is, vertolk Vin die rol van ’n beseerde krygsman, Bloodshot, wat met die hulp van nanotegnologie herstel.

Die fliek word in 2020 uitgereik. “Afrika was ongelooflik; dit was ’n ervaring wat my lewe verander het,” het Vin in ’n Instagram-videoboodskap oor sy 12 weke in Suid-Afrika gesê.

View this post on Instagram

Guess who came to surprise me on set... #BLOODSHOT

A post shared by Vin Diesel (@vindiesel) on