Die Au­straliese popprinses het gerugte aangevuur dat sy aan haar nuwe kêrel, Paul Solomons (43), verloof is nadat sy onlangs in Londen met ’n ring aan haar ringvinger afgeneem is.

Kylie en haar eks, Joshua Sasse (30).
Kylie se nuwe liefie: Paul Solomons.
Dit lyk mos na liefde!

Die 50-jarige aktrise was voorheen aan die Britse akteur Joshua Sasse (30) verloof, maar die twee is vroeg in 2017 uitmekaar, na bewering omdat hy haar verkul het. Sy het die skeiding later met ’n ?“senu-ineenstorting” vergelyk en en ?erken die huwelik is nie vir haar nie.

Maar het Paul, die kreatiewe direkteur van die Britse uitgawe van die tydskrif GQ, Kylie dalk van plan laat verander? Toe sy verlede maand met The Sun praat, het sy heel­wat optimistieser oor die idee geklink.

“Ek trou dalk, of dalk nie. Ek het gesê: ‘Dalk is dit nie vir my nie.’ Maar die ander helfte sê: ‘Dalk.’

“Ek weet regtig nie.”