“Ons is vir die week in Cefalù, ’n kusdorpie in Sisilië, Italië. Dis wonderlik hier,” vertel Hykie aan Huisgenoot.

View this post on Instagram

Enjoying the cool breeze of the Sicilian coast. A well deserved holiday with many amazing friends and the love if my life. #rest #sunshine #holiday #relax #clubmed

A post shared by Hykie Berg (@hykieberg) on

“Omdat Cefalù nogal eenkant in Sisilië is, was ons in die dorp en het ons die Basilica-museum besoek.”

Die paartjie het ook met ’n bromponie wat hulle gehuur het ander dorpies besoek.

Hykie kan veral nie uitgepraat raak nie oor die lekker gelato en “regte” Margherita-pizza wat hulle geëet het. “Dit was amazing,” sê die akteur oor hul Italiaanse besoek. 

hykie berg,akteur,verloofde,vakansie
Die paartjie toe hulle in Sicily gearriveer het. Foto: Verskaf

Hykie en Gerridene, ’n prokureur, was nog nie ’n jaar saam nie toe hy haar op 22 Junie tydens ‘n wegbreeknaweek in Hoedspruit die jawoord gevra het. 

“Ek het in trane uitgebars, dalk omdat ek dit glad nie verwag het nie. Elke oomblik daarvan was perfek,” het Gerridene voorheen aan Huisgenoot vertel.

Die paartjie, wat ’n laatsomertroue vir vroeg volgende jaar beplan, wil ten minste een keer ’n jaar oorsee reis. 

hykie berg,akteur,verloofde,vakansie
Hykie en Gerridene in die strate van Sicily. Foto: Verskaf

Las Vegas, Mauritius en die Maldives is op hul emmerskoplys, laat Hykie hoor.  “Ons is mal oor reis,” sê die akteur.