Met haar blink donker hare, skitterende glimlag en donkerbruin oë, is dit maklik om te sien hoekom Bianca Burgdorf (20) van Melbourne in Australië, gedurig hoor sy is die hertogin se ewebeeld.

Die ma van een het die eerste keer gehoor van die aktrise wat deesdae ’n hertogin is nadat vriende en familie vir haar gesê het sy lyk soos Rachel Zane, die karakter wat Meghan in die treffer regsreeks Suits vertolk het.

“Die eerste aand toe dit op televisie was, het drie mense vir my ’n boodskap gestuur en gesê ek lyk soos sy,” vertel Bianca.

“Ek het haar gaan opsoek en kon beslis die ooreenkomste sien.”

Die persoonlike afrigter sê sy het nooit veel oor die “vleiende” vergelyking gedink totdat Meghan (37) in Mei 2018 met prins Harry afgehaak het nie.

“Sy het beroemder geword soos haar verhouding met prins Harry openbare kennis geword het, en mense se opmerkings oor ons ooreenkomste het al meer geword.

“Sy was skielik gedurig op televisie en ek het meer opmerkings daaroor begin kry. Op die aand van die koninklike troue verlede jaar het ’n klomp verskillende mense vir my teksboodskappe gestuur en gesê ek lyk baie soos sy. Dit was snaaks.”

Met haar blink donker hare, skitterende glimlag en
Met haar blink donker hare, skitterende glimlag en donkerbruin oë, is dit maklik om te sien hoekom Bianca Burgdorf (20) van Melbourne in Australië, gedurig hoor sy is die hertogin se ewebeeld. Foto: Magazine Features

En sedertdien stroom die opmerkings oor haar ooreenkomste met die hertogin van vriende en familie in – en dit veroorsaak ook soms dat vreemdelinge haar in die openbaar voorkeer.

“Ek word dikwels deur vreemdeling voorgekeer, en in tye wanneer Meghan baie aandag in die media geniet, gebeur dit soms verskeie kere per week.

“Dit gebeur baie in klerewinkels, waar die assistente iets daaroor sal sê.”

Hoewel haar man, Daniel (36), ’n eiendsomagent, glad nie na prins Harry trek nie, sê Bianca hulle twee is net so verlief soos die koninklike paartjie.

“Ek was een keer by my plaaslike supermark en een van die kassiere het na my bly staar. Sy het na my man gekyk en weer na my, en gesê: ‘As hy rooi hare gehad het, sou ek kon sweer jy is Meghan Markle’.

Is dit Meghan of is dit Bianca? Foto: Magazine Fea
Is dit Meghan of is dit Bianca? Foto: Magazine Features

“Toe roep sy ander personeellede om te kom kyk; dit was baie snaaks. Ek was al by partytjies waar mense na my staar en sê ek herinner hulle aan iemand beroemd.

“Dan dink hulle ’n bietjie en kliek hul vingers en sê: ‘O ja, dis Meghan Markle!'"

Bianca sê sy voel gevlei om met die hertogin vergelyk te word en glo hul ooreenkomste strek dieper.

“Dis baie vleiend, want ek bewonder haar. Sy is ’n pragtige en ongelooflike vrou. Ek hou van dit waarvoor sy staan, ek dink sy is iemand na wie vroue kan opkyk.

“Ek is ’n persoonlike afrigter ek is mal daaroor om mense te help en vroue aan te moedig om die beste weergawe van hulself te wees, en dis natuurlik iets waaroor sy ook sterk voel."

“Dit raak nou ’n grap in my familie. As ek my familiegeleenthede opdaag, sê my familie: ‘Meghan Markle is hier!’ Dis prettig en ek het al baie daaroor gelag.

“Ek dink sy is wonderlik en dis beslis ’n kompliment wat ek met graagte hoor.”