En dis presies die geval met die akteurspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts. Die paartjie het onlangs 'n sonar van hul baba in die kuberruim gedeel het. 

“Hallo pragtige wêreld. Ek het nog nooit in my hele lewe 'n liefde so groot gevoel nie,” skryf Donnalee by die video van haar kleinding. 

“Drie woorde is in my hart geplaas toe ons oor jou naam en oor jou lewe gebid het - moed, deernis en vriendelikheid. Ons staan al met ontsag oor die roeping in jou lewe! Mag al jou besluite uit 'n plek van diep wysheid en mag geneem word en mag jy altyd vreugde vind selfs in die kleinste oomblikke. Ons is so verlief op jou," laat Donnalee hoor. 

Donnalee. Foto: Instagram/@donnalee_r
Donnalee. Foto: Instagram/@donnalee_r

Ivan het ook die sonar video gedeel en daarby boonop verklap hulle verwag ’n seuntjie. "Die dokter sê jy wuif, maar ek weet jy oefen vir al ons high fives. [Die] eerste tree, eerste fietsrit, eerste soen, eerste stage dive, eerste werk, eerste kind. Die lys gaan voort. Ek kan nie wag om jou te ontmoet nie my seun,” skryf Ivan op Instagram.

ivan botha,donnalee roberts,babymoon
Donnalee Roberts en Ivan Botha tydens hul babymoon in Rome. Foto: Instagram/@ivanbotha17

Ivan en Donnalee, wat sedert Mei 2017 verloof is, het in Maart vanjaar na Kaapstad verhuis en kort daarna op die prentjiemooi wynlandgoed Blaauwklippen naby Stellenbosch getrou. 

En op hul laaste wegbreek voor die baba kom, het die paartjie hul wittebrood, oftewel hul babymoon, in Italië gevier. 

Ivan het ook 'n dogter Amelié (10), uit sy huwelik met die aktrise Ciske Kruger. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.