Die Gotham-aktrise het die eerste bom laat val toe sy onthul sy is op net nege al geleer wat selfbevrediging beteken.

“My ouma het my daarvan vertel – sy wou hê ek moes weet genot kom van my,” het die 46-jarige gesê.

Maar die 17-jarige Willow het self iets skokkends te sê gehad. Sy het vertel haar eerste erva­ring van seks was toe sy instap terwyl haar ouers daarmee besig was.

Jada het met ’n uitdrukking van ongeloof na haar gekyk en die Whip My Hair-sangeres het verduidelik: “Ek het sap gaan haal en ’n kort oomblik iets gesien en weggehardloop. Ek het gedink: ‘Dis gek. Wat het ek pas gesien?’ ”

Die Girls Trip-ster het later op The Today Show verder oor die blommetjies en die bytjies gesels en gesê sy het geweet toe haar seun, Jaden (19), die eerste keer seks het.

“Daar’s so ’n sekere stappie,” het die akteur Will Smith se vrou gesê.

“Daar was net ’n verlies; my seuntjie was nie meer klein nie.”