Vra maar die voormalige Top Billing-aanbieder Janez Vermeiren, sy vrou, Juliana Vasconcelos, en hul kinders, Vincent (6) en Noah (4).

Die gesin het vir sewe luilekker dae op die prentjiemooi Maledive-eilande gaan uitspan. Dit was hul eerste buitelandse reis sedert die begin van die inperking meer as ’n jaar gelede.

Janez en sy vrou, Juliana.
Janez en sy vrou, Juliana. Foto: Verskaf

“Om in die Maledive wakker te word is soos ’n droom. Ons het in strandvillas gebly, en wanneer jy soggens die deure oopmaak, kyk jy vanuit die slaapkamer oor die turkoois oseaan en die mooi wit sand,” vertel Janez. 

Janez Vermeiren
Janez Vermeiren. Foto: Verskaf

Dit was hul tweede besoek aan hierdie gesogte vakansieparadys.

“My vrou het my byna drie jaar gelede met ’n gesinsvakansie vir my 40ste verjaardag hier verras. Dit was die beste vakansie en ons het nog altyd daaroor gedroom om terug te kom,” vertel Janez, wat in Kaapstad woon.

janez vermeiren
Dis die eerste keer wat Janez en sy gesin weer oorsee reis sedert die inperking. Foto: Verskaf

Hulle het dit geniet, waterpret gehad, soos snorkel, of sommer net in die son gebaai. As ’n gesoute aanbieder van reisprogramme geniet hy dit steeds om die wêreld te verken. 

janez vermeiren
Pa en seuns. Foto: Verskaf

“Ek en my vrou koop nie eintlik materiële dinge nie. Ons wil eerder vir ons kinders oor verskillende kulture en lande leer; daarom reis ons soveel as moontlik met hulle.”

janez en sy vrou
Foto: Verskaf

Dit was hul eerste oorsese reis sedert Desember 2019 toe hulle ’n maand lank in Thailand gaan vakansie hou het.

“Ons wou iewers gaan waarheen Suid-Afrikaners mag reis en ons ’n direkte vlug kon kry,” sê hy.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe