Slank en soepel in haar swart ooprugkatpak, met haar hare wat glansend oor haar skouers tuimel, het ’n stralende Jennifer Aniston gewys ouderdom is regtig net ’n getal.
Die aktrise het die groot 5-0 in styl gevier saam met haar beroemde vriende – en ’n paar van haar ekse.
“Once you figure out who you are and what you love about yourself, I think it all kinda falls into place.” - Jennifer Aniston #BornOnThisDay pic.twitter.com/3qyCpLqqpb
— Golden Globe Awards (@goldenglobes) February 12, 2019
Die gaste, onder wie Ellen DeGeneres, Gwyneth Paltrow en Barbra Streisand, het die aand omgedans in die Sunset Tower- hotel in Wes-Hollywood.
Hallo, Brad!
Tot almal se verbasing het Brad Pitt, Jen se eksman, ook by die makietie opgedaag.
“Ons het gehoor hy’s genooi, maar hy was onseker of hy moes gaan of nie. Hy het nie geweet of hy diskreet sou kon in- en uitglip nie,” het ’n bron aan Daily Mail gesê.
Jennifer Aniston throws star-studded 50th birthday celebration... and even her ex BRAD PITT sneaks into the party pic.twitter.com/cyYVoC254m
— Lilian Chan (@bestgug) February 10, 2019
“Op die ou end het hy net vir sy bestuurder gesê om hom by die voordeur af te laai; hy het nie omgegee wie hom sien nie. Almal was geskok om hom daar te sien en het met hom gesels, maar hy het hom meestal eenkant gehou.”
Jen het Brad glo omhels en bedank dat hy gekom het.
Ook die sanger John Mayer, met wie sy in 2011 uitgemaak het, was onder die gaste.
Vir Reese Witherspoon het die aand ietwat rampspoedig geëindig. Sy het by ’n trap afgeval toe sy by die partytjie weg is.
Gelukkig het ’n hotelwerker haar gehelp en by ’n motor besorg. Sy en Jen verskyn saam in ’n nuwe televisieprogram wat nog ’n naam moet kry.
Die gaste het aan miniburgers, taco’s en ’n vanieljelaagkoek met room en bessies weggelê. Dit was ’n volmaakte aand, vertel een van hulle.
“Jen het so gelukkig gelyk; sy het gestraal. Die kos was fantasties en almal het gedans. Dit was net die lekkerste partytjie.”
- Kom neem deel aan die gesprek! Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET