JO BLACK

Die sanger Jo Black het die afgelope feestyd die land vol gerits vir optredes, maar het onlangs in die sosiale media aangekondig hy neem eindelik ’n blaaskans.

Die 'Voel jy die genade'-sanger en sy gesin is vir drie weke op vakansie oorsee. 

View this post on Instagram

Date night with my girls??

A post shared by Jo Black (@joblack8) on

Bon Voyage. Drie weke van rus. Sien julle almal in 2020,” het die sanger ’n paar dae gelede by ’n foto van hom, sy vrou, Debbie, en hul twee dogtertjies, Dinieke (9) en Miané (6), geskryf. 

Die sanger, wat voorheen aan Huisgenoot vertel het hy en Debbie, sy vrou van die afgelope 11 jaar, wil graag saam oorsee toer, het later laat hoor hy en sy gesin gaan vir die volgende twee weke tussen Londen en Parys reis. 

View this post on Instagram

Hello London . #blacksonholiday #london #uk #family

A post shared by Jo Black (@joblack8) on

MARCO SPAUMER 

Die akteur Marco Spaumer, wat beter bekend is as Suidooster-eiendomme se aantreklike argitek Tim du Plooy in die Kaapse sepie Suidooster, het die nuwe jaar in Japan verwelkom. 

View this post on Instagram

anime anime anime ??

A post shared by Marco Spaumer (@marcospaumer) on

“Om in die strate van my vakansiebestemmings te loop is vir altyd 'n gunstelingding om te doen,” skryf die akteur in die sosiale media.

Hy is egter nie al Suidooster-ster wat tans oorsee baljaar nie. Sy medesterre Lauren Joseph (Zoë October), Vashti Prins (Danielle Hendricks) en die akteur Maurice Paige (Tyrone Daniels) span heerlik uit in Zanzibar.

Dit is duidelik dat dié drie die son en see geniet voor die besige jaar afskop. 

Peace out 2019, I’m about that 2020 vision,” skryf Vashti by ’n foto waar sy heerlik swem. 

TOKS VAN DER LINDE

Die oud-Bok en televisieaanbieder Toks van der Linde en sy vrou, Carol, hou tans vakansie in New York. 

Toks het boonop ook op 30 Desember sy 50ste verjaardag in die Groot Appel gevier. “Wat ’n great verjaardag in Times Square,” het hy by ’n foto op Instagram geskryf. 

View this post on Instagram

Wat n great verjaarsdag in time sqaure

A post shared by Toks Van Der Linde (@toks6902) on

Hy het reeds in November verlede jaar dié groot mylpaal met ’n Hollywood-tema partytjie by die Canto-wynlandgoed in die Kaap met vriende en familie gevier, juis omdat hy en Carol, met wie hy in Maart verlede jaar afgehaak het, in Desember in Amerika sou wees. 

Toks het voorheen aan Huisgenoot vertel dat hy die spesiale partytjie deur sy vrou baie geniet het. “Ek het gevoel soos ’n klein seuntjie. Ek hou nie gewoonlik partytjie nie omdat ek so laat in die jaar verjaar,” het hy vertel. 

JOLENE MARTIN

Die aktrise Jolene Martin, wat die rol van Beatrice Abrahams vertolk in die kykNET & kie telenovelle Arendsvlei het ’n wit Kersfees en nuwe jaar met haar familie gevier. 

View this post on Instagram

Maintain your inner Summer always ??

A post shared by Jolene (@joleneinstagram) on

Sy het gereeld foto’s van haarself wat Europa vol rits met haar 13 100 Instagram-volgelinge gedeel. 

View this post on Instagram

He who lives sees He who travels sees more

A post shared by Jolene (@joleneinstagram) on

View this post on Instagram

Ciao Roma Till we meet again... Next stop Malta????

A post shared by Jolene (@joleneinstagram) on

Jolene het onder meer Switserland en Rome besoek sowel as Finland vir haar broer, Rowan, ’n seiljagmeester, se troue. En sy het al die kiekies van haar avonture met haar aanhangers in die sosiale media gedeel.