“Mnr. en mev. Jonas,” het albei by hul plasing geskryf.

View this post on Instagram

Mr and Mrs Jonas ?? @corbingurkin

A post shared by J O E J O N A S (@joejonas) on

Op die pragtige swart-wit foto wat deur die fotograaf Corbin Gurkin geneem is, stap die twee hand aan hand in die gangetjie af terwyl hulle breed glimlag.  

Sophie het ’n asemrowende Louis Vuitton-langmourok gedra, terwyl die sanger deftig gelyk het in ’n swart aandpak, berig Harper's Bazaar. 

Volgens berigte was Sophie se Game of Thrones-medester Maisie Williams een van haar strooimeisies. 

Al het die twee hul troue probeer stil hou, het steelfotograwe daarin geslaan om die Jonas-familie af te neem voor die paartjie ewige trou belowe het, berig ET Online. 

View this post on Instagram

???? me ??

A post shared by J O E J O N A S (@joejonas) on

Die gelukkige paartjie se hond, Porky Basquiat, is in 'n skattige honde-aandpak gekiek. En skoonsuster, die aktrise Priyanka Chopra, is afgeneem terwyl sy 'n fotosesssie van haar eie buite die chateau gehou het.

Bronne: People, Harper’s Bazaar, ET Online