Die pasgetroudes geniet duidelik hul verblyf in een van die weelderige Soneva Fushi-oord se strandvillas, waar die pryse tussen R19 600 en R392 000 per nag beloop, en hulle het foto’s van sonsondergange op die strand, asemrowende uitsigte en eindelose kristalhelder blou water op Instagram gedeel, berig E!News

“Ek het geluk gevind #discoversoneva,” het Joe geskryf by een van sy inskrywings in verwysing na die nuwe Jonas Brothers-dokkie Chasing Happiness.

Die Maledive het ’n spesiale plek in die pasgetroude paar se harte, berig People

Joe (29) en Sophie (23) het in 2018 ook daar vakansie gehou en op die Coco Privé privaat eiland gebly. 

Kyk hier na Sophie en Joe se wittebroodkiekies.

View this post on Instagram

I found happiness. ????♥?#discoversoneva

A post shared by J O E J O N A S (@joejonas) on

Bronne: E!News, People