Dit was ’n langverwagte, gelukkige einde vir Game of Thrones-aanhangers toe Kit Harington (die heldhaftige Jon Snow) en sy TV-liefde, Rose Leslie (die Wildling-kryger Ygritte), in die werklike lewe trou.

Rose se pa, Sebastian, ver­gesel haar na die kansel. Foto: Gallo Images/Getty Images

Al het baie aanhangers op ’n troue met ’n werklike Game of Thrones-tema gehoop (ja, dis ’n ding!), was die 12de-eeuse Skotse kasteel en die spul Game of Thrones-gaste naby genoeg aan die ware Jakob.

Kit Harington. Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Duidelik verheugde Rose het in die paadjie afgestap in ’n kantrok deur die Libanese handelsnaam Elie Saab, terwyl haar aantreklike bruidegom ’n klassieke oggendpak gedra het.

Die egpaar (albei 31) het in 2012 op die stel ontmoet en Kit het al onthul sy beste herinnering aan die program was toe hy die tweede seisoen saam met Rose in Ysland verfilm.

Die onthaal is op die terrein van die Wardhill-­kasteel in Aberdeenshire, Skotland, gehou. Die kasteel behoort aan Rose se familie, wat Skotse adel is. Foto: Wardhillcastle.co.uk

“Omdat die land pragtig en die noorderlig magies is én omdat dit daar is waar ek verlief geraak het,” het hy vertel.

“As jy reeds tot iemand aangetrokke is, en hulle speel dan jou liefdesbelangstelling in die program, is dit baie maklik om verlief te raak.”

Die gaste

Emilia Clarke. Foto: Gallo Images/Getty Images
Malin Akerman. Foto: Gallo Images/Getty Images
Marcus Mumford. Foto: Gallo Images/Getty Images
Sophie Turner en Maisie Williams. Foto: Gallo Images/Getty Images
Peter Dinklage. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ons hoop Jon en Ygritte, ons bedoel Kit en Rose, sal vir altyd gelukkig saam wees.

Bronne: DailyMail.co.uk, BBC.com