Dit lyk of dit een van Karlien se gunstelingtydverdrywe is om met die pragtige Elah pop te speel.

Sy het selfs vanjaar ’n tatoeëermerk van ’n blom gekry met Elah se naam daarby. Karlien het gereeld vanjaar skattige foto’s van haar en haar “poppie” op Instagram gedeel.

Sy het voorheen aan Huisgenoot gesê: “Om ’n ma te wees is my gunstelingrol in die wêreld. As sing nie vir my ’n roeping was nie, sou ek maklik net ’n ma wees.”

In Januarie het sy by ’n foto van haar en haar man, Joe Breytenbach en Elah, geskryf: “Ek weet in woorde nie hoe om dankie te sê nie, Here. Ek sal altyd nederig en in my eie oë nikswerd wees, maar dankie vir wat U vir my kom doen het, want dit maak my iets wat niemand anders kan wees nie en dit maak my dankbaar, en klein, en laat my eiesinnigheid tot ’n val kom.

Ons het gaan kyk na die oulikste inskrywings wat Karlien van haar en Elah vanjaar in die sosiale media gedeel het.

Elah se nuwe spoggerige pêrels: 

Karlien-hulle het Elah op haar eerste verjaardag verras:

"Ek's vandag emosioneel dat jy al een jaar oud is ?? maar so dankbaar vir jou!" - Karlien:

"Elah se eerste fliek saam met haar broer, Eliah en Daniël" - Karlien: 

Terwyl Karlien probeer repeteer en Elah ook wil sing.  

Elah by haar heel eerste ‘All girls’-partytjie! "Sy het dit GE-LOVE!! Pizza geëet saam met my, stil gesit dat hulle haar naels verf, en vir ALMAL gelag! So 'n sosiale klein poppie! Ek is VERBY verlief," skryf Karlien.

"Pout Elah vir die foto. Dankie, Jesus, vir ons pop," skryf Karlien.

"Elah, pop, jy is die vriendelikste dogtertjie," skryf Karlien. 

Skrikmaaktyd met haar Elah-pop:

"Poppie lief," skryf Karlien.

Eet- en slaaptyd:

Liefde by die see:

"Ek verlang," skryf Karlien.

Te poenankies: