As ’n mens so na die kiekies en video's van die skattige kleinding op haar ma, Karlien, en ouma, Ronel Brink, se Instagram-profiele kyk, sou jy nooit kon raai dat die blondekop met die lagmondjie so ’n moeilike pad vanaf geboorte gehad het nie.

View this post on Instagram

Te mooi om nie te deel nie!!! ????#Elah #Badtyd ?? @renetteb3

A post shared by Ronel Brink (@ronelbrink1) on

In Oktober 2017 is Karlien en Joe Breytenbach, die sakeman en oud-rugbyspeler, se dogtertjie, Elah, ses weke te vroeg gebore en op net sewe maande oud moes hulle hoor sy het ’n lewensgevaarlike mediese toestand – ’n bloedklont in die poortaar, die aar wat bloed voorsien na haar lewer, milt, maag en pankreas.  

Elah het in Desember verlede jaar ’n terugslag gehad toe die are in haar slukderm en maag begin bloei het. Sy is op 16 Februarie vanjaar uit die hospitaal ontslaan ná ’n vorige “massiewe operasie” om die vernoude aar met ’n aar van elders in haar lyfie te vervang, onsuksesvol was. 

Volgens Ronel, Karlien se ma en bestuurder, is daar tans "geen klagtes" oor die kleinding se gesondheid nie, maar bly hulle steeds onseker of sy werklik buite gevaar is. 

"Dit gaan goed met haar. Sy herstel goed ná die operasie. Elke dag moet sy maar haar medikasie neem. Ons is nog onseker oor die pad vorentoe en wag intussen van nog terugvoer van spesialiste," vertel Ronel aan Huisgenoot. 

Karlien het onlangs ’n oulike video op Instagram gedeel van Elah wat by ’n opblaasswembad baljaar. Die video is al meer as 37 000 keer gekyk.

"’n Kuier by ouma @ronelbrink1 is een van hulle favorite dinge om te doen. Dankie dat ma so (’n) wonderlike ouma is vir my en @bobbyvanjaarsveld se kinders," het Karlien daarby geskryf. "Ma is nog altyd daar om te help."

Karlien, wat onlangs op die Huisgenoot-verhoog by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgetree het, het ook ’n kiekie gedeel van klein Elah wat by ’n venster uitloer.

"Sy staan en wag dat ek by die hek moet ingery kom, met ’n 'swemruggie' op. Mamma is amper by die huis my kindertjies! Net een show vanaand," skryf Karlien, wat ook ’n vyfjarige tweeling, Daniël en Eliah, het.

Elah se ouma, Ronel, deel ook gereeld kiekies van haar kleindogter Elah.

Karlien het onlangs op versoek van Huisgenoot in haar eie woorde van die moeilike pad sedert Elah se geboorte vertel.

Sy deel gereeld kiekies en video's van klein Elah op Instagram.

Die sangeres het vroeër vanjaar weer begin skiet aan die tweede seisoen van haar en haar sangerbroer, Bobby van Jaarsveld, se televisiereeks In Jou Skoene op VIA.

In die reeks laat die bekende sibbe hul glansryke lewens agter om vir 48 uur in iemand se skoene te klim wie se wêreld hemelsbreed verskil van hul eie. 

Die reeks gaan van nou af net Bobby en Karlien heet. Die nuwe seisoen skop op Woensdag 8 Mei om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) af. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!