Karlien en haar sangerbroer Bobby van Jaarsveld het Saterdag hul jonger broer Ryno Pieterse, wat tans vir die Blou Bulle se 0.21-span uitdraf, ondersteun en klein Elah het haar eie pret langs die rugbyveld gehad. 

Ouma se lagbekkie! ??????

A post shared by Ronel Brink (@ronelbrink1) on

Op die oulike video wat Karlien se ma, Ronel, op haar Instagram-blad gedeel het, lag die skattige Elah alte lekker terwyl sy op Karlien se suster, Cara Brink, se skoot sit en met ’n rugbybal speel.

“Ouma se lagbekkie!” skryf Ronel by die video.

Volgens Ronel lag Elah die meeste van die tyd en is sy die vriendelikste klein poppie. Sy meen ook dat die appel glad nie ver van die boom af val nie, want Karlien was self ook ’n vriendelike baba.

"Karlien was rêrig een van die heel vriendelikste babas ooit. Sy wou met almal gesels,” vertel Ronel aan Huisgenoot.

Karlien en haar man, Joe Breytenbach, se kleinding word op 7 Oktober een jaar oud. Karlien het ook in Julie verklap dat Elah se eerste woord pappa was.

Klein Elah hou glo ook daarvan om haar vierjarige tweelingboeties, Eliah en Daniël, te terg en vat hul karretjies terwyl hulle daarmee speel.

Tog is karretjies nie haar gunsteling-speelding nie, vertel haar ouma Ronel. Elah is versot op ’n klein rooi sagte handspeelding.

Pout Elah vir die foto ?? dankie Jesus vir ons pop ??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Karlien deel ook gereeld die oulikste videos van haar jongste spruit op Instagram. In ’n onlangse video is Karlien besig met ’n repetisie, maar Elah wil self agter die mikrofoon wees.

"As ek probeer rehearse vir my en my broer se show Saterdag in Kaapstad by @artscapetheatre maar Elah wil ook sing," skryf sy by die video van die singende Elah.

Ronel hou nou asem op vir haar kleindogter se eerste tree.

????Elah skrik so groot aan die einde v die video maar lag dan net weer????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

“ Sy is nou eers 10 maande. Karlien het eers op 14 maande begin loop. Ek glo Elah sal seker van 12 maande begin loop. Sy praat wel aanmekaar, maar nog in haar eie taal!” sê Ronel.