Karlien, wat gereeld skattige foto’s van haar en Elah in die sosiale media deel, het onlangs ’n foto gedeel waar sy ’n tatoeëermerk kry van ’n blom met haar prinsessie se naam daarby.

“Om ’n ma te wees is my gunstelingrol in die wêreld. As sing nie vir my ’n roeping was nie, sou ek maklik net ’n ma wees,” het sy voorheen aan Huisgenoot vertel.

Dis ook nie die eerste keer dat Karlien ’n tatoeëermerk van haar kinders se name kry nie. Aan haar linkerpols is haar dogtertjie Evah se naam getatoeëer, saam met die datum, 15 Januarie 2015, die dag waarop sy haar weens ’n miskraam verloor het.

View this post on Instagram

Tired.... this weekend... joh! Dankie KAAPSTAD. Dit was lekke ????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Sy het later die tatoeëermerk uitgebrei met ’n swaeltjie wat op ’n draad sit terwyl nog ’n swaeltjie duskant die draad vlieg. “Dis hoe ek altyd vir haar sal wag en sy nou vry is,” het Karlien voorheen vertel.

Karlien, wat ook ’n vierjarige tweeling, Daniël en Eliah, het, het onder meer ook tatoes van ’n kruis, pynappel en sterretjie.

Sy het ook ringe waarop elkeen van haar kinders se naam gegraveer is.