Die 35-jarige sangeres, wat verloof is aan die Hollywood-akteur Orlando Bloom (43), het die nuus onthul in haar musiekvideo vir die liedjie "Never Worn White".

View this post on Instagram

Let’s just say it’s gonna be a jam packed summer... ??♥??? #NeverWornWhite is out now

A post shared by KATY PERRY (@katyperry) on


Die popster pronk trots aan die einde van die video met haar duidelik sigbare babamagie.

Katy Perry is swanger met haar en verloofde Orland
Katy Perry verwag haar en Orlando Bloom se eersteling. Foto: Instagram

Dit sal Katy se eerste baba wees en haar verloofde, Orlando, se tweede kind. 

Die akteur, wat al onder meer in die Pirate of the Caribbean-fliekreeks te sien was, het reeds ’n negejarige seun, Flynn, saam met sy eksvrou, die Australiese model Miranda Kerr (36). 

Katy is bly die nuus van haar swangerskap is nou uit. Die sangeres het op Twitter laat hoor: “So bly ek hoef nie meer heeltyd maag in te trek nie”. Sy het bygevoeg: “Of ’n groot sak ronddra nie.”

Katy het haar aanhangers ’n halfuur lank laat wag voor die video uitgereik is. In ’n regstreekse uitsending op Instagram het sy aan haar 90,5 miljoen volgelinge gesê: “Heelwat gebeur hierdie somer. Nie net gaan ek letterlik en figuurlik die lewe skenk aan iets waarvoor julle al lank wag nie.

“Ek is so opgewonde, ons is opgewonde, en gelukkig. Dit is seker die langste geheim wat ek ooit moes bewaar,” het sy bygevoeg. 

Katy en Orlando het hul verhouding in 2016 op Instagram bevestig toe sy ’n foto van hulle saam by die Cannes-rolprentfees in Frankryk gedeel het.

View this post on Instagram

we cannes't

A post shared by KATY PERRY (@katyperry) on

Hulle is in Februarie 2017 uitmekaar, maar het weer in 2018 herenig. 

Orlando het Katy, wat ook deesdae 'n beoordelaar op die Amerikaanse sangkompetisiereeks American Idol is, op Valentynsdag verlede jaar die jawoord gevra. 

View this post on Instagram

full bloom

A post shared by KATY PERRY (@katyperry) on

Albei was al voorheen getroud. Orlando en Miranda was van 2010 tot 2013 getroud, en Katy en die Britse komediant Russell Brand (44) het ook in 2010 afgehaak, maar is minder as ’n jaar later uitmekaar. 

Katy is ook nie die enigste Hollywood-ster wat die ooievaar te wagte is nie.

Die aktrise Melissa Benoist (31) het ook op Instagram aangekondig dat sy en haar man, haar Supergirl-medester Chris Wood (31), hul eersteling verwag. Melissa en Chris is verlede jaar getroud. 

Bronne: Daily Mail, Mirror, Variety, Billboard, Insider.com