Sy het ’n video op Instagram gedeel waar sy sê, “Ek is lief vir jou my skat”. 

??Happy One Month True ??

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

Die werklikheidstelevisiester en haar basketbalspeler-kêrel, Tristan Thompson (27), het dié kleinding ’n maand gelede verwelkom. 

True is gebore te midde van ’n reuse verneukskandaal wat die wêreld vir dae lank aan die gons gehad het. 

Beeldmateriaal van Tristan wat Khloé verneuk is twee dae voor True se geboorte aanlyn versprei.

We are ready whenever you are little mama ??

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

TMZ het ’n video vrygestel wat wys hoe Tristan baie fisies raak met 3 vroue in ’n nagklub. Die video is in Oktober 2017 geneem.

Tristan en Khloé het in September 2016 begin uitgaan. Tristan se vorige meisie, Jordan Craig, was toe nog swanger met sy eerste kind, Prince Oliver.