Vir dae het die werklikheidstelevisiester aanhangers laat wonder wat haar derde kind en tweede dogtertjie se naam is. 

Ná sy haar oudste tweede kinders North (4) en Saint (2) genoem het, was die verwagtinge hoog – en natuurlik het sy nie teleurgestel nie. 

Happy Holidays

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Kim en Kanye West se dogtertjie heet Chicago West!

“Ek en Kanye is in die wolke om die geboorte van ons gesonde, pragtige babadogter aan te kondig,” het Kim Woensdag geskryf, ’n dag ná Chicago se geboorte. 

Sy het bygevoeg dat ousus North en ouboet Saint “opgewonde” is oor hul nuwe sussie.

Kort ná die aankondiging van die kleinding se naam het Kim Chicago se bynaam getwiet.

"North, Saint en Chi," skryf sy in die sosiale media. 

Twitter-gebruikers kon natuurlik nie wag om hulle opinies te lewer nie. 

Maar waarom Chicago? Bronne meen dis omdat haar man, Kanye, van Chicago in Amerika is.

Kim se man, Kanye West. Foto: Gallo Images Getty Images

Bronne: Twitter, US Magazine, CNN