“Ek en Roxy ken mekaar al lank. Sy is iemand wat my uitdaag in alles wat ek doen en altyd die beste wil hê vir die mense wat naby aan haar is,” sê die Kokkedoor-beoordelaar. 

Die seremonie is op die skilderagtige Haute Cabrière-wynplaas gehou. 

nic van wyk,kokkedoor,troue
Roxy loop in die paadjie af na die kansel. Foto: FerverntStories

Nic en Roxy werk albei hier – hy as ’n sjef en sy as ’n geleentheidskoördineerder.

“Dit is een van die mooiste onthaalplekke in Franschhoek; die uitsig is ongelooflik. Die manier hoe dit hier lyk is iets waarvan ek en Roxy baie hou.” 

nic van wyk,kokkedoor,troue
Nic maak ’n bottel vonkelwyn met die sabrage-­tegniek (met ’n swaard) oop. Foto: FerverntStories

“Dit was baie spesiaal om soveel mense wat regtig baie vir ons beteken op een plek te hê,” vertel Nic oor die groot dag.

“Ons het nie regtig ’n groot troue gehad nie, maar elkeen wat daar was – hetsy vriende of familie – het ’n spesiale rol in ons lewe gespeel.”

Die bruidegom het deftig gelyk in ’n grys baadjie, swart kraaghemp en leerstrikdas, terwyl Roxy die koppe laat draai het in ’n swierige wit uitrusting.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.