Pulane en Tian wys met trots hul ringe. Foto: Vers
Pulane en Tian wys met trots hul ringe. Foto: Verskaf

“Ons het twee seremonies gehou – op 20 en 27 Maart. Die eerste een was by ons huis met net ons en ons ouers. Dit was om die wetlike deel af te handel. Met die tweede troue op 27 Maart was dit net ek, Tian, ons vriendin wat ons getrou het en ’n fotograaf op die strand by Mtunzini in KwaZulu-Natal,” verklap Pulane.

Van links, Pulane se aanneemouers Alex en Marlene
Van links, Pulane se aanneemouers, Alex en Marlene Flett, haar biologiese ma, Jane Saliwe, Pulane en Tian, en Tian se ouers, Merisa en Wilhelm Nel. Foto: Verskaf/Barefeet Videography

Sy voeg ook by dat sy en Tian die tweede datum as hul amptelike herdenking beskou. 

Die paartjie, wat al ’n jaar en ’n half saam is, het op 16 Januarie vanjaar verloof geraak by die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Johannesburg. 

Pulane, wat self ’n troubeplanner is en voorheen die VIA-program Kom ons trou, nou aangebied het, sê haar eie troue was beslis die mees ontspanne een wat sy al bygewoon het. 

“Ons het tot ’n uur voor die seremonie drankies by die swembad gedrink. Toe het ons aangetrek en af strand toe gegaan. Ná die seremonie het ons ’n feesmaal gehou, gedans en karaoke gesing,” verklap Pulane, wat ook die program Geldhelde op VIA aanbied.

Pulane en Tian op die strand in Mtunzini. Foto: Ba
Pulane en Tian op die strand in Mtunzini. Foto: Barefeet Videography

Pulane, wat in Magwigi in die Oos-Kaap gebore is, het haar herkoms gehuldig met haar uitrusting. 

“My ma is Xhosa en my pa Sesotho, so ek het tradisionele Xhosa-drag aangetrek, met my eie moderne byvoeging. Tian se broek was van wit en swart shweshwe-materiaal en die patroon is op sy hemp herhaal,” vertel sy. 

Hul uitrustings by hul tweede troue het Pulane se
Hul uitrustings by hul tweede troue het Pulane se Xhosa-herkoms gehuldig. Foto: Verskaf

Tian was die hoogtepunt van die dag vir haar, sê Pulane. “Daar was geen stres, geen trouproduksie, niks afleidings nie. Net ek en hy. Ek kon heeldag op hom fokus en regtig hierdie groot belofte sonder enige twyfel maak.”

Op sy beurt voeg Tian by dat dit vir hom spesiaal was toe hy vir Pulane weer kon sê dat hy die eerste keer wat hy haar gesien het, geweet het hulle gaan trou. “Ek het besef hoe waar dit was.”

Die twee kan nie wag om hul lewe as getroudes af t
Die twee kan nie wag om hul lewe as getroudes te begin nie. Foto: Barefeet Videography

Die twee is pas terug van hul wittebrood by Midlands Meander in KwaZulu-Natal. 

“Ons sien uit om ’n lewe vol pret en hartseer, vreugde, vrede, teleurstelling en net alles wat saam met die lewe kom, te deel. En om getuies te wees van mekaar se lewe,” laat Pulane hoor. Sy voeg ook opgewonde by: “En ek sien uit na babas!” 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe