“Ons neem tussen die episodes deur op. Dis ’n vol jaar, maar ek kla nie; dit is heerlik om albei te doen,” vertel Leah, wat pas episode twee van die reeks afgehandel het.
“Hoewel ek altyd myself probeer wees, is ek tog effens gemakliker voor die kameras as verlede jaar. Ek het ’n beter begrip van wat verwag word en meer ervaring,” sê Leah oor haar tweede ronde as Boer Soek ’n Vrou se aanbieder.
Die sangeres vertel sy is baie opgewonde om ’n pad te stap saam met die boere.