Steffi nou sepiester 

Die Binnelanders-akteur Clint Brink is nie net sy vrou, die fiksheidsmodel en gewese Survivor-finalis Steffi Brink, se grootste ondersteuner nie; sy volg ook deesdae in manlief se toneelspelvoetspore.

View this post on Instagram

Jy is my hart se punt @clintonthebrink ♥?♥?♥? #MatchyMatchy @r3v3rsesneakers

A post shared by Steffi van Wyk-Brink (@steffionthebrink) on

 

Steffi is nou ook ’n sepiester. Sy het onlangs haar debuut gemaak as Rita in die kykNET-sepie Getroud met rugby

View this post on Instagram

Wat dink julle van Rita se nuwe vriend, Barry? @getroudmetrugbykyknet @marijkecoetser @gerluvdm #Actor #GMR #RitaDieKat #RitaMaakMoeilikheid #BodyGuard

A post shared by Steffi van Wyk-Brink (@steffionthebrink) on

Steffi het aanvanklik ’n kursus aan die veteraanaktrise Brümilda van Rensburg se drama- akademie voltooi om haar man beter te verstaan. 

“Dis toe dat Brümilda vir my sê ek het talent en moet dit benut,” vertel sy. 

Clint ondersteun haar akteursloopbaan en sal altyd nader staan met raad oor die bedryf, sê sy. 

“Hy is ’n briljante akteur en wil hê ek moet die beste weergawe van myself wees in alles wat ek  aanpak.”

Arno se nuwe liefde 

Die akteur Arno Greeff se nuwe meisie laat die koppe draai. Arno, wat onlangs in die fliek Vergeet my nie was, het die ontwerper en model Iluska Nagy op Instagram ontmoet.

Hy het op een van Iluska se Instagramstories vir haar ’n boodskap gestuur en sedertdien klets hulle sonder ophou. 

Hulle het twee weke voor die inperking begin uitgaan en besluit dat hy die inperking by haar ouerhuis in Pretoria sal deurbring.

“Ons maak kos en eet saam. Naweke braai ons en kuier.”

Mathys byna 1 jaar getroud 

Die Afrikaanse sanger Mathys Roets en sy vrou, Jané, vier binnekort hul eerste huweliksherdenking. 

Die egpaar het op 27 April verlede jaar op Vryheidsdag by die Rietvallei-wynlandgoed buite Robertson ewige trou aan mekaar beloof.

En ’n jaar later lyk die twee of hulle steeds in hul wittebroodsfase is. Mathys en Jané moes onlangs hul vakansie in Italië kanselleer weens die corona viruspandemie. 

View this post on Instagram

Self isolasie

A post shared by Mathys (@mathysroets) on

“So uitgesien om weer saam te ski,” het Mathys in  die sosiale media  laat hoor.

Danny Ross trou stilletjies 

Die Arendsvlei-akteur Danny Ross het kort voor die inperking afgehaak. 

Danny koer gereeld op Instagram oor sy vrou, Fabiola Venegas Orozco. 

“Vandag trou ek met iemand waarvoor ek gebid het. Ek sien uit na hierdie reis saam met jou,” het Danny op sy troudag geskryf. 

Die twee het glo in Mexiko getrou, waar sy woon. Uit die sosiale media blyk dit sy is daar tydens die inperking en hy hier.

Danny het ’n video gedeel van hom wat doenig is in die kombuis: “Het vanaand vegetariese taco’s en quesadillas vir die familie gemaak. Mis my vrou.”