Robbie en sy vrou, Camilia, se eersteling, Connor, het 3,83 kg geweeg en was 54 cm lank toe hy sy opwagting in die Netcare Pretoria-Oos-hospitaal maak.

“Ek was mal oor Camilia se reaksie toe sy hom vir die eerste keer sien,” vertel die pa. 

robbie coetzee,rugbyspeler,geboorte,baba
Die nuwe ouers kort ná die geboorte. Foto: Verskaf

Connor is alreeds sy rugbyspeler-pa se ewebeeld wat glo baie op sy senuwees was toe Camilia in die teater moes gaan vir die keisersnee.

“Robbie sê dalk hy was nie op sy senuwees nie, maar glo my, sy oë het die waarheid verklap,” spot Camilia. 

robbie coetzee,camilia coetzee,rugbyspeler
Camilia en Connor. Foto: Verskaf

“Om te sien hoe Connor lyk en die hele ervaring van die geboorte...Dit is ’n wonderwerk, en ek kan steeds nie glo ons het ’n mens gemaak nie,” vertel sy.

robbie coetzee,camilia coetzee,connor,rugbyspeler
Connor het reeds sy eie Instagram­profiel. Foto: Verskaf

Die paartjie is baie opgewonde oor al die eerstes wat moet kom en kan nie hul oë van die kleinding af hou wat alreeds met sy eie Instagramprofiel spog nie.