Loki (28) was in Junie vanjaar deur die oud-Springbokrugbykaptein Francois Pienaar genooi om op ’n kunsveiling ten bate van minderbevoorregte kinders op te tree. 

View this post on Instagram

On our way to New York celebrating Mari's 30th birthday last month and 2 tickets to the John Mayer World Tour Madison Square Garden Show Thursday night. Been waiting 15 years for this. Here we go!!! @mooistemooi_

A post shared by Loki Rothman (@lokirothman) on

Hy het toe ook die geleentheid gekry om saam met die komponis en Emmy-wenner Greg O’Connor te werk.

Dié keer het die sanger besluit om sy meisie Marí Conradie van die afgelope vier jaar vir haar 30ste verjaardag te bederf met ’n 10 dae lange besoek aan New York. 

Dit is die grimeerkunstenaar en stilis se eerste besoek aan die Groot Appel. 

“Al was ons lus vir ’n bietjie sonnige weer het ons eintlik gekom om die John Mayer-wêreldtoer by Madison Square Garden by te woon. Die res is net goed op ons emmerskoplys,” vertel Loki uit New York aan Huisgenoot. 

loki rothman,sanger
Loki en Marí. Foto: Verskaf

Die paartjie het alreeds van die groot besienswaardighede besoek soos die 9/11 Memorial, World Trade Centre en die 102-verdiepinghoë Empire State Building. 

“Ons het ook lekker geëet by die Kaia Wine Bar wat deur ’n Suid-Afrikaner besit word. Sy het ook nog plekke aanbeveel wat ons kan besoek wat regtig baie gehelp het,” vertel Loki.

loki rothman,sanger
Loki Rothman, Suzaan Hauptfleisch en Marí Conradie by die Kaia Wine Bar. Foto: Verskaf

Die sanger se nuwe Afrikaanse album is voltooi en word binnekort uitgereik het hy voorheen aan Huisgenoot vertel

Hy het glo al ’n paar liedjies aan sy blondekopmeisie opgedra, maar watter liedjies bly ’n geheim, sê die sanger.