Die ma van drie het op Instagram ’n boodskap gedeel wat die bestuur van Singita Ebony Lodge by Hazyview vir haar en Neil gestuur het: “Ons wil julle net inlig om nie jul privaat swembad te gebruik nie.”

Sy het ’n foto daarby geplaas van ’n luiperd op die rand van hul blyplek se swembad.

Toe Kerry later nog ’n foto van haar in die bad daar deel, het die groot kat op die muur aan die anderkant van die venster lê en dut.

Die paartjie het hul 11de huweliksherdenking daar gevier.

Kerry het ook op Instagram ’n foto van hul troudag gedeel. "17 jaar gelede het hierdie juweel in my lewe gekom en vandag (23 September) 11 jaar gelede is ons getroud."