Die Golden Globe-benoemde het onlangs in Los Angeles met die musikant Taylor Goldsmith (33) afgehaak, en in ’n stadium tydens die onthaal het die egpaar op die verhoog opgetree, berig E News.  

“Dit was ’n intieme agterplaastroue by Mandy se huis wat net ná sononder Sondagaand begin het,” sê ’n bron. 

View this post on Instagram

I love this lady and the man who makes her blissful. I'm so glad you found the scientist to your polar bear, @mandymooremm! What a beautiful celebration of music and love. ?? ??????

A post shared by Amy Kaufman (@amykinla) on

Op ’n video wat een van die trougaste op Instagram geplaas het, sing Mandy en Taylor The Things I Might Have Been. 

Die twee verliefde duifies het toe hul oulike vertoning met ’n soen afgesluit, berig ET.

View this post on Instagram

11•18•18

A post shared by Mandy Moore (@mandymooremm) on

Mandy het haar troue Maandag bevestig deur ’n swart-en-wit foto waarop sy en Taylor hand aan hand stap op Instagram te plaas.

Die gaste, wat die akteurs Minka Kelly en Wilmer Valderrama en Mandy se This Is Us-medester Sterling K. Brown ingesluit het, is behoorlik getrakteer, berig Bustle

Mandy en Taylor, wat twee jaar lank uitgegaan het, het in September verlede jaar verloof geraak en hul verhouding uit die kollig gehou. 

Dit is Mandy se tweede huwelik. Sy was voorheen sewe jaar lank met die sanger Ryan Adams (44) getroud. 

Bronne: E News, ET, Bustle