Die kaptein van 'n Kersdag Mango-vlug tussen Johannesburg en Kaapstad het passasiers verstom toe hy die gewilde sanger Elvis Blue uitdaag om voor in die vliegtuig oor daai interkom-telefoontjie te gaan sing.

En die bok vir sports wat Elvis is, het hy nie twee keer daaroor gedink nie en die Feestyd 'n paar ekstra vlerke gegee. 

Kyk net hoe cool was dit! 

Dit was soos 'n toneel uit 'n Adam Sandler-fliek. 

Geseënde Kersfees!