Vanity Fair het onlangs hul lys vir 2018 uitgereik en die geliefde hertogin is daarop. 

Die voormalige Suits-aktrise (37) is maar nog net vir vier maande ’n hertogin en het steeds met haar dapper modesin ’n beroering veroorsaak.

Of sy nou ’n skouerlose pienk uitrusting of ’n Givenchy-langgroekpak dra, die hertogin van Sussex weet hoe om die koppe te laat draai, berig E News

Dié rok is een van die uitrustings waarvoor Meghan benoem is. Foto: Gallo Images/Getty Images

Meghan het onlangs mense by die WellChild Awards verstom toe sy ’n pragtige swart langbroekpak van die New Yorkse modehandelsmerk Altuzarra gekies het, berig HELLO

Sy het ook haar hare in haar kenmerkende deurmekaar bolla gedra en dit met diamant-en-pêrel-oorbelle afgerond wat glo ’n geskenk van koningin Elizabeth II was.

“Vanjaar het Meghan Markle se styl in ’n veel deftiger hoogmode-voorkoms ontwikkel. 

“Sy is die waaghalsigste van die koninklike modespan en haar kenmerkende boothalssnit en monochrome kleurkeuses vertoon klassieke afronding,” skryf Vanity Fair.
Meghan goeie vriendin Amal Clooney het ook met haar moeitelose modesin die lys gehaal. 

“Clooney is ’n uitsonderlike sjiek vrou, pragtig uitgevat op elke geleentheid,” skryf die publikasie. 

Nog bekendes op die lys is Rihanna, Tracee Ellis Ross, Yara Shahidi, Jay-Z en Lebron James. 

Bronne: E News, Vanity Fair, HELLO!, Instagram /meghan_harry_news/