Die Malibu-treffermaker het onlangs besluit om vir haar 27ste verjaardag toe te laat dat haar ma, Tish, vir haar 'n nuwe haarstyl knip.

Tish (52) het ’n video op Instagram gedeel waar sy besig is om haar dogter se blonde lokke korter te sny.

Miley se hare was nie heeltemal reguit geknip ná Tish se aanvanklike poging nie en Miley het toe die haarstilis Sally Hershberger se hulp ingeroep om ’n professionele reddingspoging te doen. Die eindresultaat? 'n Moderne mullet!

Dis hoe Miley nóú lyk ná Sally se intrede:

View this post on Instagram

PUNK VIBE????????

A post shared by Sally Hershberger (@sallyhershberger) on

Sally het aan Harper's Bazaar vertel dat Miley iets "buitengewoon" wou hê en sy het toe vir ’n moderne mullet gegaan.

Miley se pa, die country-sanger Billy Ray Cyrus (58), was in die 1980's bekend vir dié einste haarstyl.

Miley, wat tans besig is om van die akteur Liam Hemsworth (29) te skei, het vroeër vandeesmaand ook ’n artikel van British Vogue op Instagram gedeel waar die tydskrif oor die einste haarstyl berig het. 

"Dis in die familie @billyraycyrus", het Miley daarby geskryf.
 
Sommige aanhangers is mal oor die nuwe haarstyl, maar ander het Sally se handewerk gekritiseer. "Dis die aakligste haarsny wat ek al ooit gesien het en jy noem jouself 'n haarstilis!" het een op Instagram laat hoor. "Nou gaan dit op (die skinderwebwerf) TMZ en die nuus wees en die wat nie van Miley hou nie gaan dink sy het weer 'n ineenstorting. Hoekom kan ons nooit wen nie? Ek gaan nou huil, baai!"

Maar Sally was reg met ’n antwoord vir die kritici. 

"Eerstens, as jy enigiets oor hare geweet het, sou jy geweet het dis die posisie waarin sy sit wat dit so laat lyk. Dit is 100% gelyk en sy het dit ook reguit laat maak, so dis nog erger, en ek hou eintlik daarvan," het Sally by die foto van Miley se nuwe styl geskryf.

"Kalmeer. Dis 'n moderne mullet, wat baie cool is, maar dis iets waarin jy waarskynlik nie ervare is nie."

Bronne: insider.com, harpersbazaar.com, billboard.com