Die oud-rugbyspeler Derick Hougaard vier op Donderdag, 4 Januarie, sy 35ste verjaardag. Nádine, die gewilde Afrikaanse sangeres en Musiek Roulette-aanbieder het dié verjaardagboodskap aan hom op Instagram gedeel.  

"Lekker verjaar, dirkie! Mag jou nuwe lewensjaar die mooiste NOG wees! Mag die lewenslesse wat jou grootste oorwinnings jou gebring het, jou toerus vir die toekoms!

"En liefde en geluk jou hand vashou altyd!" skryf sy in die sosiale media. 

Nádine en Derick kuier al ’n geruime tyd saam maar hulle het nog nie bevestig of hulle wel ’n paartjie is nie.

Ronel Brink, Derick se gewese skoonma, het ook 'n pragtige verjaardagwens by Nadine se Instagram-plasing met hom gedeel.

"So mooi gestel gestel, Nadine! Baie geluk liewe Derick. Ons bid vir jou net die heel mooiste toe. Mag 2018 en die res van jou lewe gevul wees met alles wat binne God se wil vir jou lewe is. En dit sal dan goed en reg wees. Julle is so mooi saam!"

Derick het self hierdie pragtige foto van hulle twee Donderdag op Twitter gedeel.

In Desember het Nadine ook ’n foto gedeel van haar en wat blyk Derick te wees in die bosveld.

Waarop ’n ene Pieter Rossouw gesê het "#girlplease daar lê iets baie mooier voor jou as n trop zebras". 

Baie geluk, Derick!