Blykbaar het ma meer pret in Disneyland gehad as haar twee kleingoed, maar met rede.

Natalie Portman (37) en haar man, Benjamin Millepied (41), het onlangs hul kinders, Aleph (7) en Amalia (17 maande), na die reusepretpark in Kalifornië geneem toe die aktrise ’n paar bekende gesigte raaksien.

Sy was Padmé Amidala in twee Star Wars-voorflieks en baie in haar skik toe sy een van die rolprent se Stormtroopers raakloop.

Natalie het Benjamin, ’n uitgetrede ballet- danser en choreograaf, ontmoet toe hulle aan die balletrolprent Black Swan van 2010 gewerk het. Die twee is in 2012 getroud.

Die aktrise het verlede jaar in ’n onderhoud verklaar hoewel dit wonderlik was om ’n Oscar-prys vir die rol te wen, was die beste van alles dat sy haar man op die stel van Black Swan ontmoet het.

“Dit was baie spesiaal en regtig wonderlik om die rolprent te maak, maar, ja, die man was vir my meer spesiaal.”

Sin vir humor

Sy het onlangs hierdie skreeusnaakse oomblik op The Oprah Winfrey Show gedeel.

Bronne: cinemablend.com, eonline.com