“Ek het my haarverlengings uitgehaal,” vertel die geliefde aktrise en TV-aanbieder.

“Tot my bittere spyt, want ek hou maar van my lang hare,” bieg sy. 

“Ek het dit uitgehaal want daar is niemand in Toulon wat haarverlenings doen nie en ek wil my hare sonder te veel onderhoud kan hanteer.”

@monique.garyrom jys net die beste!! No maintenance hair ????????

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Haar man, Jacques Potgieter, oudflank van die Bulle en Waratahs, het onlangs 'n kontrak van twee jaar met Toulon in Frankryk gesluit. Angelique het onlangs saam met met manlief in die land van liefde gekuier. 

Sy het nie net haar haarverlengings uitgehaal nie, maar ook haar hare korter gesny.

“My punte was ’n bietjie droog van toe ek dit nog vroeër blond gekleur het,” sê Angelique, wat die afgelope paar maande weer haar natuurlike rooi haarkleur omarm. 

Al hou sy self meer van lang hare geniet sy ook die verandering.  

“Dis nou regtig min onderhoud met my kleintjies,” sê die ma van drie.

Sy en Jacques is die trotse ouers van Jacques jr. (1) en die identiese tweelingdogtertjies, Annabella en Olivia (ses maande).