Karlien en haar man, Joe Breytenbach, se 10 maande oue dogtertjie, Elah, het die naweek haar eerste “all girls”- partytjie bygewoon, het Karlien in die sosiale media laat weet.

Sy het dié foto’s op Instagram gedeel met die woorde: “Elah (was) gister by haar heel eerste ‘All girls’ partytjie! Sy het dit gelove! Pizza geëet saam my, stil gesit laat hulle haar naels verf, en vir ALMAL gelag! So sosiale klein poppie! Ek is VERBY verlief”.

Kyk hoe mooi lyk Elah in haar pienk pakkie en kopdoek. 

Geen wonder Karlien is verlief nie.

Elah se naels is selfs geverf by die partytjie.

Karlien en Joe is in Maart verlede jaar getroud. Elah is Karlien se derde kind, want die sangeres het ’n tweeling, Eliah en Daniël, saam haar eksman, Derick Hougaard. Die seuns word vanjaar vyf jaar oud.  

Pa en dogter kuier te lekker. Foto: Instagram