Huisgenoot het by ’n paar plaaslike bekendes gaan inloer om te hoor wat hulle kan onthou van hul tyd in gr. 1. Hier deel hulle kiekies van hul eerste skooljaar.

Wen ’n deel van R28 000 met jou graadeentjie se grootskoolfoto
Gaan jou kind die eerste keer “grootskool” toe? Skryf in vir ons Pep Graadeentjie-kompetisie vir ’n kans om kontantpryse vir jou en jou kind se skool te wen. Suid-Afrika se no. 1-skoolwinkel bied lae pryse en hope terug-skool-toe-besparings om jou kind uit te rus sonder om jou sak te ruk. Die kompetisie begin op 15 Januarie 2020. Lees hier hoe die kompetisie werk en wat jy moet doen om die lekker kontantpryse te wen.

Minki van der Westhuizen

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Minki se eerste skooldag was op die skoolbanke van die Laerskool Akasiapark in Kaapstad.

Sy vertel dat hulle destyds elke ses maande moes trek tussen Kaapstad en Pretoria omdat haar pa, Herman, vir die nasionale regering gewerk het.

Minki, wat deesdae haar eie geselsprogram het, sê sy onthou dat sy sommer op die eerste dag met die liniaal oor die vingers getik was omdat sy in die klas gepraat het. 

Kay Smith

Kay, wat die rol van Debra Newman in die kykNET&kie-telenovelle Arendsvlei vertolk, het haar skoolloopbaan aan die Laerskool Garden Village in Maitland in Kaapstad begin.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Sy het later na die Laerskool Parow-Noord in die Moederstad geskuif waar sy haar laerskoolloopbaan voltooi het.

Craig Adriaanse

View this post on Instagram

What's good ????

A post shared by Craig Adriaanse (@craig_adriaanse) on

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Craig, wat die rol van Wesley Rossouw in die telenovelle Arendsvlei vertolk, het sy skoolloopbaan aan die Laerskool Somerset-Wes in Kaapstad begin. Craig woon deesdae in Macassar naby Somerset-Wes. 

Reandi Grey

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die 7de Laan-aktrise Reandi Grey was in 1996 in gr. 1 aan die Laerskool Elarduspark in Pretoria. 

Haar eerste skooldag was sommer ekstra spesiaal, want dit was ook haar verjaardag, vertel Reandi aan Huisgenoot

"Dit was so opwindend. Ek het spesiaal vroeg opgestaan saam met my ouers en my ouer suster om geskenke oop te maak, en om gereed te maak vir hierdie splinternuwe ding genaamd skool," onthou Reandi.

Reandi sê wat sy egter die beste onthou van daardie jaar is dat dit nie net haar verjaardag was nie; dit was ook ’n ander dogtertjie s'n. 

"Ons was boonop in dieselfde klas, die by-klas. Ons moes op ’n tafel in die klaskamer staan sodat die res van die klas vir ons kon sing. Dit was baie pret tot die juffrou verjaardagkrone uitgedeel het. Toe is daar een bloue en een pienke, en toe is dit ’n ramp want nie een van ons wou die bloue hê nie," vertel Reandi.

"Ek en sy het heeltyd die juffrou probeer oortuig hoekom ons die pienke verdien. Ons het heeldag krone omgeruil," voeg sy by. 

Melt Sieberhagen

Die komediant, akteur en skrywer Melt Sieberhagen het sy skoolloopbaan in 1986 by die Laerskool Ventersdorp begin.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Melt se eerste skooldag het so ietwat anders as die res van sy klasmaats s’n begin. 

“Ek het glad nie die tradisionele ‘word deur ma afgelaai by die skool’-dag gehad nie. My arme ma het pampoentjies gekry net voor dit, en haar vriendin tannie Annatjie moes my maar vat,” laat Melt hoor. 

Melt vertel aan Huisgenoot sy gunstelingstorie uit sy gr. 1-jaar is hoe hy sy leesvermoë aan die hoër grade moes gaan wys.

“My ma en ouma het my lankal nie-amptelik leer lees. So terwyl die ander graadeentjies met Trap der Jeugd moes begin, het ek vir die juffrouens in die hoër standerds gaan demonstreer deur kliphard in Engels voor te lees.”

“Goeie idee om die onderwysers te beïndruk, nie so ’n goeie idee om so vroeg voor die ouer kinders te gaan af-show nie.”

Daniëlla van Heerden

View this post on Instagram

Pensie & Die Nuus ???? ??

A post shared by Daniëlla Van Heerden (@dannisnaps) on

As sy nou terugdink aan haar jaar in gr. 1, is sy glad nie verbaas dat sy 'n nuusleser geword het nie, vertel die eNuus-aanbieder en bekroonde joernalis Daniëlla van Heerden. 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Daniëlla was in 1992 in gr. 1 aan die Laerskool Baillie Park in Potchefstroom, waar sy grootgeword het. 

Sy het nie net dié graad geniet nie; sy het al haar laerskooljare baie geniet. “Ons het sommer vroeg in die jaar begin oefen aan ’n konsert getiteld ‘Soetkoek’ wat al die graadeentjies in November daardie jaar opgevoer het," onthou sy.

“Ek het een van die hoofrolle vertolk, nie omdat ek juis kon toneelspeel nie, bloot omdat ek ’n klein babbelbekkie was,” vertel Daniëlla.

“Darem het ek toe later in my lewe van ‘baie praat’ ’n beroep as nuusleser gemaak!”

Daniëlla vertel dat sy in 2013 weer by haar voormalige laerskool besoek afgelê het toe sy vir eNuus verslag moes doen oor die eerste skooldag, en het toe sommer by haar gr. 1-juffrou, Suné Koch, gaan inloer.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
 

Daniëlla voeg ook by dat sy tot vandag toe nog vriende is met van haar gr. 1-klasmaats.

Adrian Steyn

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Adrian, wat die rol van Ryno Steyn in die sepie Getroud met rugby vertolk, het sy laerskoolloopbaan aan die Laerskool Panorama in Riversdal begin.

Pierre Breytenbach 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Pierre, wat tans Bart Smith in Getroud met rugby speel, was ’n graadeentjie aan die Laerskool Klipfontein in Witbank.

Marijke van der Westhuizen 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Pierre se medester Marijke, wat die rol van Maryke Beltrame in die sepie vertolk, het haar laerskoolloopbaan by die Laerskool Jordania in Bethlehem begin. 

Juanita de Villiers

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die aktrise Juanita de Villiers het haar eerste skooljaar afgeskop by die Laerskool Andalusia in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap. Juanita vertolk die rol van Jana Kritzinger in Getroud met rugby

Marlee van der Merwe

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Marlee, wat die berugte Kristien du Toit-Smith in Getroud met rugby speel, het haar gr. 1-jaar aan die Laerskool Phalaborwa voltooi. 

Kate Roothman

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Marlee se medester Kate was by die Laerskool Sannieshof in Noordwes in gr. 1

Sean van Noordwyk

View this post on Instagram

??

A post shared by Sean van Noordwyk (@seanvannoordwyk) on

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Sean van Noordwyk, wat die rugbybreker Reitz Bekker in Getroud met rugby speel, was ’n gr. 1-leerder aan die Laerskool Bellville-Noord in Kaapstad.

Christel van den Bergh 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Christel, Getroud met rugby se Renate, se skoolloopbaan het by die Laerskool Fleur in Centurion begin. 

Werner Coetser 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Werner Coetser, wat die rol van Blitz in die sepie Getroud met rugby speel, was in gr. 1 by die Laerskool Theresapark in Pretoria. 

Joseph Mitchell

View this post on Instagram

Back on set of #Arendsvlei!!!

A post shared by Joseph Mitchell Snr (@josephbumasho) on

Arendsvlei se Uncle Johnny het sy skoolloopbaan aan die Laerskool Welcome in Kaapstad begin. 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf