Dit volg nadat sy Maandag “kinners by dosyne” op haar broer, Bobby, se Instagram-plasing oor sy huweliksherdenking geskryf het.
"Môre!" skryf Karlien by die foto terwyl sy die hutswoord #mykroos gebruik.
Dit lyk asof die tweelingseuns, Daniël en Eliah, alte lekker saam met hul nuwe sussie, Elah, in die bed lê.
Elah is op 7 Oktober 2017 vroeggebore en is die sangeres se eerste kind by haar man, Joe Breytenbach.
Karlien se tweelingseuns is gebore uit haar huwelik met die voormalige Blou Bul Derick Hougaard.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET