Sy was daar saam met haar lewensmaat, Nicolas Schwartz, en hul dogter, Kenzi (7).

Hulle het onder meer die Akropolis besoek in die Griekse hoofstad, Athene, saam met vriende die son en see van Griekeland se prageilande ingedrink en ’n draai in Frankryk gegooi. 

Ma en dogter by die Akropolis in Athene. Foto: Instagram

Nadat Catriona vir eers voltyds op moederskap gekonsentreer het, was sy verlede jaar terug op die kassie as die onvoorspelbare Samantha Spencer in Erf­sondes.

Catriona snuffel die perfekte parfuum uit by die Par­fumerie Molinard in Grasse, Frank­ryk. Foto: Instagram

Sy en haar gesin het verlede jaar hul droomhuis in die Kaap laat bou en dit betrek.