Kyk nou net hoe klim en klouter die twee woelwaters.

Karlien se twee oudste seuns is duidelik gek oor Spiderman. 

Karlien het die foto van die vierjarige Eliah en Daniël gedeel met die woorde: “Heeltemal in karakter #Eliah #Daniël." Haar man, Joe Breytenbach is op die agtergrond met Elah in sy arms te sien. 

Helemal in karakter #Eliah #Daniël

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Karlien-aanhangers was ook gek oor die foto. Ene @annicaneethling het laat hoor: “’n Ma van ’n seuntjie kort senuwees van staal." En ’n ander wat sê: “Dis net seuns!” 

Joe en Karlien is vroeg verlede jaar getroud en in Oktober is hul dogtertjie, Elah, gebore. Karlien was voorheen getroud met die afgetrede rugbyspeler Derick Hougaard, Eliah en Daniël se pa. 

Karlien het voorheen aan Huisgenoot vertel sy het onverwags begin kraam en Elah is te vroeg gebore. Elah is eers 19 dae ná haar geboorte huis toe. 

Maar dit blyk of Elah se ouboeties haar blitsig gaan touwys maak. 

Hou maar die pleisters naby, Karlien. Dit lyk of jy dit moontlik vir dié twee wille wragtigs sal nodig hê.