Die Quantico-aktrise, wat in Desember met die sanger Nick Jonas afhaak, se vriendinne en familie het Sondag vir haar 'n kombuistee in New York gehou by die Tiffany's Blue Box, berig US Weekly

Priyanka het asemrowend gelyk in ’n skouerlose wit Marchesa-rok en bleek Christian Louboutin-hakskoene daarby.

Die uitspattige partytjie is deur die 36-jarige se hegte vriendinne Mubina Rattonsey en Anjula Acharia gereël, en A-lyssterre soos Kelly Ripa, Lupita Nyong’o en Kevin Jonas was onder die gaste, berig Hindustan Times.

Nick en Priyanka, wat in Augustus verloof geraak het, trou in Desember, berig The Times of India.  

View this post on Instagram

Future Mrs. Jonas. My heart. My love.

A post shared by Nick Jonas (@nickjonas) on

“Nick en Priyanka was onlangs in Indië en het selfs na Jodhpur gegaan,” sê ’n ingeligte. “Dit was toe dat hulle op die pragtige Umaid Bhawan as hul droomtrouplek besluit het.

“Hulle sal ’n beperkte gastelys van 200 mense hê met net hul naaste vriende en familie. Aangesien baie van hul Hollywood-vriende in New York woon, is PC taamlik opgewonde daaroor om haar bruidspartytuie daar te hê, gevolg deur ’n deftige troue in Jodhpur.”

Kyk die foto’s hier:

Nick en Priyanka, wat in Augustus verloof geraak het, trou in Desember. Foto: Gallo Images/Getty Images
Priyanka het asemrowend gelyk in ’n skouerlose wit Marchesa-rok en bleek Christian Louboutin-hakskoene daarby. Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: US Weekly, Hindustan Times, The Times of India