Leona Lewis

Ná agt jaar saam is die sangeres Leona Lewis en haar kêrel, Dennis Jauch, eindelik verloof.

Foto: Instagram

Die 33-jarige Leona het speels die nuus aangekondig deur haar diamantring subtiel op die strand in San Juan, Puerto Rico, te vertoon.

A day for the books with my mermaid ????‍??

A post shared by Dennis Jauch (@dennisjauch) on

Die twee het mekaar in 2010 ontmoet toe Dennis as Leona se agtergronddanser gewerk het.

Selfie from paradise #halongbay ???

A post shared by Leona Lewis (@leonalewis) on

Die choreograaf het ’n collage ter ere van die geleentheid gedeel en op Instagram geskryf: “Dit was die mooiste agt jaar van my lewe saam met hierdie ongelooflike mens. Op nog vele pragtige herinnerings.”

Ellie Goulding

Pleks van hul miljoene aanhangers die blye nuus in die sosiale media vertel, het Ellie Goulding (31) en Caspar Jopling (26) hul verlowing op die outydse manier bekendgemaak.

Die twee, wat al 18 maande saam is, het ’n formele aankondiging in die Britse koerant The Times laat druk.

Die paartjie het ’n formele aankondiging in die Britse koerant The Times laat druk.

’n Paar dae later het die sangeres dit met ’n oulike Instagram-plasing opgevolg waarin sy met die blink klip aan haar vinger spog.

?? @kevintachman #Serpentine @acnestudios @jacquemus

A post shared by elliegoulding (@elliegoulding) on

“Ons het die afgelope paar dae so baie pragtige boodskappe van steun en liefde gekry dat ons vir julle baie dankie wou sê. Ons waardeer dit meer as wat julle ooit kan weet,” skryf sy langs ’n swart-wit kiekie waarop sy Caspar op die wang soen.

Bronne: DailyMail.co.uk, Pagesix.com, Net-A-Porter.com