Volgens koninklike bronne wil die prins Harry (34) en sy vrou, Meghan (37), ’n genderneutrale, ongewingsvriendelike ruimte vir hul baba hê en koop hulle organiese verf vir die mure, berig The Sun.

Aangesien hulle nie weet of hulle ’n seun of dogter gaan kry nie, sal die kamer wit en grys geverf word. 

“Meghan het lank en hard na verwe vir die Sussex-babakamer gesoek,” sê die bron. 

“Pleks van modieuse Farrow & Ball-verf in gewilde kleure soos wevet, peignoir en pavilion grey en salmon kies, verkies dié koninklike egpaar The Organic & Natural Paint Co. se Auro-reeks vir die babakamer.”

Die verf sal glo met roosmarynolie en eukaliptus deurtrek word om geheue te stimuleer en die kleintjie se immuunstelsel te verbeter. 

Die kamer word by die Frogmore Cottage by die Windsorkasteel gebou waarheen die koninklikes sal trek wanneer opknappingswerk klaar is.

Die opknappings sal belastingbetalers glo meer as R54 miljoen uit die sak jaag. Dit sluit die installering van ’n ekowarmwatertenk van R900 000 in om die koninklikes met warm water te voorsien.

Bronne: The SunExpress, News.com.au