Die sangeres wat tans by die Afrikaans Is Groot-konserte optree, was onlangs behoorlik bederf en spog tot met haar eie skoonheidsalon by die huis.

Karlien, wat gereeld skattige foto’s van haar kleingoed in die sosiale media deel, het onlangs ’n video op Instagram gelaai van die vierjarige tweeling wat haar toonnaels blou verf.

“Nooit weer nodig om my toonnaels iewers te laat doen nie, my kinders het dit onder beheer,” skryf Karlien. “Dankie, Eliah en Daniël, ek’s weer reg vir die naweek se Afrikaans Is Groot-show #lelikevoetjie.” 

Sy bedank die tweeling en kan ook in die video gehoor word waar sy sê: “Sjoe, dis mooi.”

Die gesin het onlangs by Zinkwazi in KwaZulu-Natal uitgespan, en Karlien se seuntjies en haar jaar oue dogtertjie, Elah, het die strand terdeë geniet.


View this post on Instagram

Grateful ?? Photocred - @renetteb3 ?? @cottononkids

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on


Ná die blaaskans was dit weer volstoom voort met Afrikaans Is Groot.

View this post on Instagram

A ?? by @anelbothac @afrisgroot

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Karlien is omtrent bedrywig. Sy het op 30 November haar amptelike juwelierswarereeks, die KVJ-versameling, bekendgestel.