Die supermodel Candice Swanepoel is tans swanger met haar tweede kind, die voormalige Mej. Suid-Afrika en Top Billing-aanbieder Jo-Ann Strauss verwag haar derde spruit en nóg ’n oud-Mej. SA maak reg om haar kleinding in die wêreld te verwelkom – Tansey Coetzee! Die vroue deel gereeld kiekies van hul swanger magies in die sosiale media.

Minki Van der Westhuizen (34)

'n Hoogswanger Minki het die afgelope naweek foto's gedeel van hoe sy nog op-en-af is voor die geboorte van baba nommer drie.

But first.....(decaf) Coffee #babynumber3 ?? @moniqueburn

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Die ma van twee het Saterdag 'n foto van haar en haar man, die oudrugbyspeler Erst Joubert, by die Delaire Graff-wynlandgoed in Franschoek gedeel.

Die paartjie het reeds twee skattige dogters Katerien (4) en Elise (3) en is baie opgewonde oor die nuutste toevoeging tot hul gesin.

Minki het ook onlangs 'n foto op Instagram gedeel waar die twee opgewonde hul mama se maag soen."Babalyfie kry al klaar soveel liefde van hierdie 2 sussies, " het sy onderaan die foto geskryf.

Minkie het onderaan die kiekie bekend gemaak dat sy tans 37 weke swanger is. 

Candice Swanepoel (29)

Candice het Donderdag ‘n pragfoto van haar babamagie op Instagram gedeel met haar seuntjie, Anacã, wat snoesig op sy ma se boep sit. Hy is in Oktober 2016 gebore.

Die Victoria’s Secret Angel het in Desember die nuus met haar sowat 12 miljoen aanhangers op Instagram bekend gemaak dat sy en haar verloofde, die Brasiliaanse model Hermann Nicoli (35), hul tweede kind verwag.

????Christmas came early..????#2

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Hulle verwag nog ’n seuntjie, word daar berig.

Born to be ..... Like my DAd ???? #firstfatherday

A post shared by Hermann Nicoli (@hermannicoli) on

Jo-Ann Strauss (37)

Jo-Ann wat in Januarie vanjaar haar derde swangerskap op Instagram aangekondig het, het Vrydag ’n foto gedeel waar sy uitgetof in ’n “Afrika-styl” uitrusting, met ’n groep vroue dans.

“Ek is dankbaar om in ’n land te bly waar ons vroue vier, al is daar steeds so baie werk om te doen. Kom ons leer ons dogters om sterk en ambisieus te wees en hul eie opinies te hê en ons leer ons seuns om dit te respekteer. Afrika, dis ons tyd,” het sy by die foto geskryf.

By nog ’n foto kap Jo-Ann dit uit by ’n werksgeleentheid. “Hier dans ek in hakke terwyl ek amper ses maande swanger is,” skryf sy. 

Jo-Ann en haar man, die Duitse ortopediese chirurg Michael Held, is reeds die trotse ouers van ’n dogter, wat volgende maand twee word, en ’n seuntjie, wat vandeesmaand sy vierde verjaardag vier.

Sy deel graag foto’s van haar kroos op Instagram, maar het nog nooit hul name verklap nie en beskerm hul identiteit.

This is love. #nocaptionneeded

A post shared by Jo-Ann Strauss (@jo_annstrauss) on

Tansey Coetzee (33)

Dié gewese Mej. Suid-Afrika tel ook die dae af tot haar kleinding, ’n dogter, se koms. En sy vier dit reeds behoorlik. Sy het nie een ooievaarstee gehad nie, maar twee.

....#IssaGirl ?????? #Yesterday #babyshower

A post shared by Bonang Matheba (@bonang_m) on

Die eerste ooivaarstee was op 23 Februarie en dit het gewemel van bekendes. Een van die bekende gesigte by die ooievaarstee was die Top Billing-aanbieder en werklikheidster Bonang Matheba.

Dié het ’n foto van die prettige dag in die sosiale media gedeel en sy was nes talle ander gaste in pienk uitgetof.

I’m so excited for you my babe ?? I can’t wait to be an Aunty ??

A post shared by Minnie (@minniedlamini) on

Die TV-persoonlikheid Minnie Dlamini, wat die tweede ooievaarstee bygewoon het, is net so opgewonde op die kleinding se koms.

Love is the most BEAUTIFUL thing ??

A post shared by Minnie (@minniedlamini) on

“Ek kan nie wag om ’n tannie te wees nie,” het sy op Instagram laat val by ’n foto van haar en Tansey.