Die 52-jarige aktrise het onlangs op Instagram bekendgemaak sy het haar eerste hond gekry.

“My eerste hondjie . . . eintlik my eerste hond. My lewe lank hiervoor gewag!” het sy by haar plasing geskryf. 

View this post on Instagram

My first puppy... actually my first dog. Been waiting my whole life for this! ??

A post shared by Nicole Kidman (@nicolekidman) on

Op die oulike kiekie vertroetel die Big Little Lies-ster ’n hondjie wat soos ’n klein rooi poedel lyk en waarvan die naam nog nie bekend is nie, berig People

Die Australiese aktrise se plasing het ’n oorvloed gelukwensings van ander hondeliefhebers ontlok. 

“Ek weet nie of ek blyer is vir Nicole Kidman wat ’n hond gekry het of vir die hond wat ’n Nicole Kidman kry nie,” skryf ’n volgeling. 

“Veels geluk daarmee dat jy deur ’n troeteldier besit word,” het nog ’n aanhanger laat hoor. 

Nicole het twee dogters, Sunday Rose (11) en Faith Margaret (8), by haar man van 13 jaar, Keith Urban (51), berig Now To Love.

Sy het ook ’n seun, Connor (24), en dogter, Isabella Jane (26), by haar eksman, Tom Cruise. 

Bronne: Instagram, People, Now To Love