Lee-Ann sê aan Huisgenoot hulle grootdag was alles wat jy voor gehoop het en meer.

“Alles was perfek. Dit is regtig moeilik om te besluit wat die hoogtepunt was,” sê sy. Die paartjie is al agt jaar saam voor hulle op 1 September afgehaak het.

Lee-Ann het asemrowend in ’n Hanrie Lues-rok gelyk en Reeza was net so deftig in ’n pak van Tailor Me. Al die pragtige troufoto’s is deur Eye Poetry Photography geneem.

Die paartjie het albei baie stylvol gelyk en 'n fotosessie in Bloemfontein se middestad geneem.
Die gevolg was in neutrale kleure geklee.
Kyk net Lee-Ann se pragtige detail op haar rok.
Reeza Hendricks het sonder twyfel 'n ses geslaan met die troupak.
Prentjie-pragtig!

“Dit is moeilik om al die emosies van die dag vas te vang. Ek was oorweldig, emosioneel en sommer net gelukkig,” sê sy.

Die onthaal het byna so mooi soos die bruid gelyk met meer as 25 kristalkandelare wat van die dak af gehang het. Dit blyk die paartjie het aan elke klein detail gedink en gaste kon selfs tee uit ’n teepot met die letter ‘H’ vir Hendricks drink.

Die bruidstafel.
Die tafels was elegant versier in meestal wit.
Die onthaal was baie swierig.
Hulle voorletters op die dansvloer.
Die indrukwekkende drie-laag-koek
Koppies is met die letter 'H' vir Hendricks.
Elke detail is aan gedink.

Lee-Ann is ’n biogenitikus maar doen nou binnehuisontwerp. Dis geen wonder haar troue was so stylvol nie.

Lee-Ann sê veral Reeza se toespraak het haar geroer. ’n Uittreksel lees so: “Jy het nie veel van krieket geweet nie, maar het besluit om te bly. Ek is werklik dankbaar om iemand soos jy te hê wat my aanvaar en my lief het.

“Ek weet dis moeilik wanneer ek nie tuis is nie is nie, maar dankie vir jou liefde en ondersteuning.” 

'n Foto van 'n gedeelte van Reeza se toespraak.

“Nog ’n hoogtepunt was Reeza se oumagrootjie, Stella Lai Quan San, wat 97 jaar oud is en spesiaal al die pad van Durban gereis het om die troue by te woon. Haar raad aan ons was om altyd mekaar eerste te stel,” sê sy.

Reeza het onlangs Suid-Afrikaners laat regop sit toe hy die vinnigste 100 in ’n debuuttoetswedstryd geslaan het; 102 van 89 balle.

Die Hendricks-paartjie sê hul wittebrood is vir eers uitgestel omdat Reeza krieketverpligtings het om na te kom.

“Ons sal ná die krieketseisoen op wittebrood gaan. Ons wil Switserland toe reis en dan óf Aruba óf Maledive,” sê sy.