In die dokumentêr I am Paul Walker word daar met vriende en familie gesels oor dié blonde akteur wat met sy fletsblou oë en skitterwit glimlag  die harte van ’n geweldige groot groep bewonderaars wêreldwyd verower het.

Daar is tuisflieks van hom en sy familie wat nou vir die eerste keer met die publiek gedeel word — van hom as blinkgesig 15-jarige tiener tot 'n jong kannetjie wat wild op sy driewiel rondjaag.

Hy word in die dokumentêr emosioneel deur sy broer, Cody Walker (30), as ’n “groot kind, net 'n groot kind” beskryf.

Sy suster Ashlie (42) onthou hoe Paul altyd van spoed gehou het, selfs tydens waaghalsige driewielritte waartydens sy sê sy soms vir haar lewe moes klou.

Oakly Lehman, ’n waaghals wat reeds van kindsbeen af een van Paul se vriende was, beskryf hom as ’n “minnaar en ’n bakleier” terwyl nog ’n vriend uit sy kinderdae, Andy Muxlow, sê niemand kon Paul ooit in ’n rigting dwing wat hy nie wou gaan nie.

Caleb (40) sê sy lenige blonde boet wou by tye bloot net iets soos ’n wildbewaarder wees wat iewers in die wildernis leef.

Tyrese Gibson, wat saam met Paul in die Fast & Furious-flieks die rol van Roman Pearce verskyn het, vertel van die groot liefde wat hulle vir hom gekoester het. “Dan wonder jy, hoekom hy en nie ons nie . . .”

Meer nog, Paul sal ook onthou word vir sy ongelooflike liefde vir sy dogter, Meadow.

Die Walkers

Paul se eerste optrede in die televisiewêreld was as kleuter in ’n advertensie vir Pampers.

Later sou hy in Touched by an Angel, Who’s The Boss en Highway to Heaven. In 2001 kom sy groot deurbraak as Brian O'Connor in die eerste van die Fast & Furious-flieks. Wie sou ooit kon raai dat dit nie die laaste sou wees nie.

Maar op 30 November 2013 sterf Paul grusaam in ’n motorongeluk terwyl hy besig was om aan die sewende fliek in die reeks te werk. Sowat 65% van die fliek was in daardie stadium voltooi.

Dit sou juis Paul se broers wees wat ingespring en gehelp het om die fliek Furious 7 te voltooi.

Benewens Cody, Caleb en Ashlie is daar ook Amie Walker, hul halfsuster wat uit een van hul pa se vorige verbintenis gebore is.

Sy enigste kind, in November 1998 gebore uit 'n verhouding met die moedel Rebecca Soteros, het ook van haar kant haar pa se naam op ’n baie spesiale  manier laat voorleef. Meadow het in 2015  die Paul Walker-stigting tot stand gebring met die slagspreuk “Do Good”.

Cody het verlede maand dié foto van hom en ’n bloedjong Paul op Instagram gedeel.

Happy birthday little bro. Had to dig deep for this pic:) #codyisoldasfu**

A post shared by Caleb Walker (@caleb_walker_77) on

Caleb het op sy beurt op Vadersdag vanjaar hulde aan Paul gebring.

Vin Diesel het Paul se dood ook as ’n geweldige persoonlike verlies ervaar. Die twee was boesemvriende en Vin sal gereeld nog iets doen ter herinnering aan sy vriend. Hy en Paul se broers het sedertien ook ’n hegte vriendskap gesmee.

En wie kan hierdie onvergeetlike huldeblyk deur Wiz Khalifa met Charlie Puth aan Paul vergeet?

Bronne: mirror.co.uk, celebforest.com, imdb.com