Die Boekklub-akteur, wat tans in die kykNET-reeks Knapsekêrels te sien is, kyk direk in die kamera terwyl hy in sy spierwit Calvin Klein-onderbroek lê en met sy maagspiere pronk.
Sy aanhangers op Instagram en talle ander bekendes kon nie genoeg kry van die stomende foto nie. “Mamma mia,” het die TV-aanbieder Minki van der Westhuizen geskryf en ’n vlam-ikoon gedeel.
Nog ’n TV-aanbieder Elma Smit het ’n vriendin, die aktrise Alanka Craffert, se woorde gebruik en geskryf “Dônnôôôr!”
Die fotograaf Emile Lime, wat die foto geneem het, het ook onder sy eie Instagram-profiel nog twee foto’s van Armand se kaalbolyfsessie gedeel.
By ’n foto wat hy sowat ’n maand gelede in die sosiale media gedeel het, skryf Armand dat hy nooit regtig kaalbolyffoto’s deel nie, maar dat die keto-dieet wat hy tans volg vir hom baie goed werk.
Dit lyk egter of Armand ’n nuwe blaadjie omgeslaan het en ons nou meer gereeld sy sexy lyf gaan sien. Nie dat ons kla nie!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET