Dit blyk egter of die pad na herstel vir dié 34-jarige goed verloop. Dié Protea span al meer as twee weke in Indonesië uit en deel gereeld kiekies van sy doen en late met sy aanhangers op Instagram.

Dale is sedert Januarie vanjaar op die krukkelys nadat hy sy linkerenkel beseer het. Voor dit het hy ook onder ’n skouerbesering deurgeloop.

Chilling with my Buddha’s @gopro #hero6black

A post shared by ?? (@dalesteyn) on

I had no idea this photo was being taken ??????

A post shared by ?? (@dalesteyn) on

Van sy Protea-spanmaats soos Quinton de Kock en AB de Villiers speel tans in die Indiese Premierliga (IPL), ’n toernooi waarin Dale ook vroeër jare uitgeblink het. Hy het dit vanjaar misgeloop omdat hy langer wou afneem ná sy besering, word berig.

Dit lyk nie of Dale in sak en as sit weens sy besering nie. Die krieketspeler, wat mal is oor die natuur, deel gereeld foto’s waarop hy die buitelewe geniet. Op van die kiekies ry hy branderplank, op ander duik hy en hy is ook lief vir visvang.  

Nature baby ??

A post shared by ?? (@dalesteyn) on

No idea where I am anymore, Nusa somewheregone ??

A post shared by ?? (@dalesteyn) on

Volgens Sport24 het Dale aan die begin van April verklap hy gaan nog ’n maand afneem omdat die Proteas se program dit toelaat.

“Ek kyk daarna om in Junie na Hampshire (’n krieketklub in Engeland) te gaan om ’n bietjie krieket te speel en dan gaan ek in Julie Sri Lanka toe,” het Dale aan SuperSport gesê.

How’s work guys? #reversemoonwalk

A post shared by ?? (@dalesteyn) on

Post surf ????

A post shared by ?? (@dalesteyn) on

Die Proteas sal in Julie en Augustus teen Sri Lanka kragte meet. 

Bronne: Sport24.com, Cricket.com.au, Instagram