'n Groep Suid-Afrikaanse sangers het in samewerking met die winkelgroep Pick n Pay 'n musiekvideo uitgereik waarin hulle hul landgenote aanmoedig om aan hul medemens te dink en nie die winkelrakke leeg te koop nie. 

Sangers soos Zolani Mahola van die groep Freshlyground, Karen Zoid, Majozi, Arno Carstens, Ard Matthews, Theo Crous, Francois van Coke, Kahn Morbee, Lira, Loyiso Bala, Jack Parow en Early B span almal kragte saam in die musiekvideo.

"Nou, meer as ooit, moet ons na mekaar kyk. Maar sommige kopers doen steeds onnodige paniekaankope, wat beteken die winkelrakke is leeg wanneer ander daar kom. Dis hoekom vriende ander vriende keer voordat hulle paniekaankope doen. Kyk hier hoe SA se musikante jou herinner dat niemand van 'daardie persoon' hou nie," skryf die winkelgroep op hul amptelike Facebook-blad. 

Kyk na die musiekvideo hier: